FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997

FIFA Sokker-Konfederasiebeker
1997 السعودية
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië
Datums 12 – 21 Desember
Spanne (van 6 konfederasies)
Stadions (in 1 stad)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Brasilië Brasilië (1 titel)
Tweede plek Vlag van Australië Australië
Derde plek Flag of the Czech Republic Tsjeggië
Vierde plek Vlag van Uruguay Uruguay
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 16
Doele 52 (3.25 per wedstryd)
Bywoning 333 500 (20 844 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Brasilië Romário (7 doele)
Beste speler Vlag van Brasilië Denílson
1995
1999

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997 (Arabies: 1997 السعودية; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 12 tot 21 Desember 1997 in Saoedi-Arabië aangebied. Die was die eerste sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die vorige twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.

Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding is

Hoewel Duitsland, wenner van die Europese Sokkerkampioenskap 1996, nie deelgeneem het nie, is elke kontinentale konfederasie deur ’n sokkerspan verteenwoordig. Die wenner van die Sokker-Wêreldbeker, destyds Brasilië, kon vir die eerste keer meeding.

Brasilië het die toernooi gewen nadat hulle Australië met 6–0 in die eindstryd geklop en sodoende die eerste span geword wat die kontinentale beker (1997), die wêreldbeker (1994) en die konfederasiebeker agtereenvolgens ingepalm het. Tsjeggië het in die derde en Uruguay in die vierde plek geëindig. Dit was die eerste toernooi waartydens die goue doel-reël vir die beslissing van ’n wedstryd ingespan is, dié reël is ook vir die drie daaropvolgende 1999-, 2001- en 2003-toernooie ingespan, maar daarna weer geskrap.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het vir die eerste keer aan die konfederasiebeker deelgeneem maar hulle is reeds in die eerste rondte uitgeskakel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search